Find Events
From:
To:
Event Type:
Keywords: (optional)
           

Dorpstraat Teater

event-424.jpg
Venue:Summerhill Farm
"The Shed"
R44 (Klapmuts)
Stellenbosch
Cost: Theatre entrance fee R30
Doors Open:18h00
Contact:021 88 99 158

Dorpstraat Restaurant Teater is die vernaamste en moontlik die oudste Restaurant Teater in Suid-Afrika. Einde Desember 2009 het ons verhuis vanaf die besige Dropstraat na ‘n rustiger tuiste, tussen wingerde en berge op Summerhill wynplaas, net buite Stellenbosch.

Dorpstraat Restaurant Teater bied net die beste in vermaak, kos en gasvryheid binne ‘n atmosfeer van intimiteit en geborgenheid. Ons is nie net ‘n platvorm vir gevestigde talent nie, maar ons strewe altyd om ‘n platvorm aan ons opkomende kunstenaars ook te bied.

Vanaf 18:00 kan jy die gejaagdheid verruil vir ‘n kreatiewe rustigheid waar jy tot 19:30 die beste uit ons kombuis kan bestel om liggaam te verkwik. Vanaf 20:30 sorg die kunste vir die bevrediging van die kulturele. Soos alle ander Restaurant Teaters het ons ‘n heffing (R30 per persoon) vir diegene wat nie by ons eet nie.